LUSHOFF PLAASAANVAL: Drie verdagtes aangekeer, verskyn in hof vandag

Die polisie het drie verdagtes aangekeer in verband met die plaasaanval op Lushoff vroeg Dinsdagoggend.

‘n Spesiale taakspan van die Tzaneen polisie het drie verdagtes tussen die ouderdom van 24 en 25 aangekeer tydens ‘n ondersoek wat tot vroeg vanoggend geduur het.

Die verdagtes sal vandag voor die Tzaneen Magistraat verskyn op ‘n klag van huisbraak, luidens ‘n verklaring van die provinsiale polisiewoordvoerder, LT Kolonel Moatshe Ngoepe.

Christelle van der Merwe is koelbloedig in haar gesig geskiet en haar twee kinders is aangehou tydens ‘n plaasaanval vroeg Maandagoggend.

Van der Merwe en haar twee kinders is tydens die voorval op ‘n kleinhoewe op Lushoff deur gewapende rowers aangeval.

Die verdagtes het volgens ‘n verklaring van die polisie toegang tot die huis vekry deur die heining om die huis en die diefwering van ‘n venster te breek.

Die kinders is met ‘n gholfstok aangerand volgens verskeie Sekuriteit maatskappye in Tzaneen, maar volgens die polisie verslag is die kinders ongedeerd.

Van der Merwe, wat in haar oog geskiet is, word tans in MediClinic Tzaneen behandel.

‘n 9mm patroon en ‘n leë patroon dop is op die toneel gevind.

Die verdagtes het met ‘n handwapen gevlug.

Daar was vanjaar reeds verskeie plaasaanvalle in en om die Tzaneen omgewing, ondermeer in die Haenertsburg area en die Letsitele area.

Inwoners word gemaan om bykomende sekuriteit maatreëls toe te pas om so ook hulle veiligheid te verseker.

Exit mobile version