Local newsNews

WAARSKUWING: Vervalsde tekkies doen die rondte in Tzaneen

Daar is 'n vermeende verneukspul op Facebook en inwoners van Tzaneen sal graag ander mense wil waarsku.

Die inwoners is ingedoen toe hulle op Facebook ‘n advertensie vir Salomon tekkies gesien het teen meer as halfprys.

Hulle het die verkoper geskakel en die geld oorgeplaas.

 

Aan die linkerkant is die vervalsde Salomo tekkies en aan die regterkant is die boks wat dit gewoonlik in verpak word

Daar is afgespreek om mekaar by die Lifestyle Sentrum te ontmoet en die eerste wat die inwoner opgemerk het is die verpakking waarin die skoene gekom het.

Gewoonlik kom die skoene verpak in ‘n boks en dié einste skoene is net in ‘n plastiek sak gewees.

Die inwoner is huistoe met die skoene en dit was nie kort voor lank nie toe hulle agter kom die skoene is vervals.

Hulle wou hulle geld terug hê en is in vertel deur die verkoper sy sal eers ‘n ander koper vir hulle moet kry.

Na ‘n gevloek en geskel het die verkoper nogsteeds nie hulle geld vir hulle terug gegee nie.

“Mense moet bewus wees dat daar vervalsde Salomon skoene in die dorp verkoop word,” vertel die inwoner.

Die koper het in kontak gekom met Salomon se hoofkantoor en hulle sal die sal die saak verder vat met die polisie.

Related Articles

Back to top button