Local newsNews

TZANEEN: Boere die hoenders in oor die hoenders want ‘hulle ry die pad moer toe’

‘Die vrou het vir my gesê dat dit ‘n openbare pad is, en dat nie hulle (Rainbow Chickens) se verantwoordelikheid is om die pad in stand te hou nie.’

‘Hulle trap die pad moertoe.’

So het ‘n inwoner van die Taganashoek/Jafray omgewing aan Letaba Herald vertel oor Rainbow Chicken se trokke wat die ‘publieke’ eenrigting grondpad na ‘n hoenderplaas toe, glo beskadig.

Dit lyk of ‘n motor hier vasgesit het.

Die plaas ter sprake behoort aan Alina Mbunda, wat kuikens verskaf aan Rainbow Chicken. Die inwoners voer aan dat trokke van die hoenderaanleg, wat aan die RCL Food groep behoort, die pad erg verniel. Trokke gebruik die pad glo ses weekliks.

‘Dit is veral wanneer dit gereën het, dan is hierdie pad onrybaar. Dit is vir ons snaaks dat ‘n insleepdiens elke keer gereed staan om die trokke uit die modder te trek,’ het een van die inwoners gesê. Hulle voer verder aan dat die pad dan totaal onrybaar is. En die pad kan blykbaar ook nie verder geskraap word nie.

Die hoenderplaas waar Rainbow Chicken se trokke hoenders gaan haal om na die slagpale te neem.

Een van die inwoners beweer dat die twis sedert 2010 heers.

RCL se hoof regsbeampte, Stephen Heath, het aan die Herald gesê dat daar eers vanjaar op 22 Februarie met hulle geskakel is.

‘Die pad was op 7 Maart onwettig geblok deur ‘n inwoner,’ sê Heath.

Heath het verder gesê dat die pad geopen is nadat polisie ingetree het. Die hoenderplaas het glo verliese gely weens die onwettige blokering van die pad. Volgens die inwoner het een van Rainbow Chickens se werknemers gedreig dat hulle hom sou dagvaar, maar Heath ontken dit. ‘Die vrou het vir my gesê, dat dit ‘n openbare pad is, en dat nie hulle (Rainbow Chickens) se verantwoordelikheid is om die pad in stand te hou nie.’

Swaar reën modder bewyse op die pad.

Hulle vertel ook dat hulle ‘n 12km ompad deur iemand se plaas moet ry, waarvoor hulle toestemming moes verkry het, sou die pad ontoegangklik wees.

‘Dit is ‘n vergunning,’ het hy vertel. In die meeste van die gevalle kan die paaie departement nie die pad kom skraap nie.

Hulle het of nie die masjienerie daarvoor nie of hulle het nie diesel nie. Baie keer doen ons dit sommer op eie onkostes. Dit kan nie so aangaan nie.’ Hulle vertel dat trokke die pad gebruik om voer na die plaas te neem, kuikens aanry dan weer die hoenders gaan haal wanneer hulle slag-gereed is, trokke word ingestuur om die mis te verwyder, en dan begin die hele proses van vooraf. Die grondpad, veral wanneer dit reën is dan onbegaanbaar.

Heath ontken van die bewerings.

‘n Deel van die pad naby die hoenderplaas.

Hy het aan Letaba Herald gesê dat hulle bewus is van die toestand van die pad gedurende reën, maar dat die ses weeklikse bespiegeling nie heeltemal waar is nie.

‘Logistiek is dit ‘n probleem in die reënseisoen. Ons het eers onlangs besluit om gebruik te maak van insleepdienste, juis nadat een van die inwoners ons daarvan in kennis gestel het. Ons het probeer om die ongerief te vergemaklik,’ luidens Heath. Om alle praktiese redes kan die oplaai van die hoenders nie vertraag word as dit reën nie, sê Heath. ‘Die siklus word wetenskaplik bestuur en is baie presies. Die oponthoud sal nie net ekonomiese gevolge hê nie, maar ook morele en ander dierlike waardes sal nagelaat word. Ons probeer juis om ons beplanning so te doen, om die minste ongerief te veroorsaak,’ sê Heath.

Op hulle beurt sê die inwoners dat hulle bewus is dat dit ‘n openbare pad is, en dat dit Rainbow se reg is om die pad te gebruik.

‘Dit is hulle wat die pad onrybaar maak. Hulle trek voordeel hier uit en ons ongeveer 14 families wat hier bly word aan die genade oorgelaat,’ het een van die inwoners laat val.

Dit is mos nou duidelik.

Hy het verder bygevoeg dat hulle ook as boere verloor want hulle kan nie hulle produkte by die markte uitkry nie.

‘Ons verstaan die hoenderboerdery moet aangaan, ons moet mekaar net tegemoet kom.’ RCL Foods is ingelig dat instandhouding deur die benoemde staatsdepartement gedoen moet word en dat dit onwettig sal wees om in te meng.

‘Verskeie boodskappe is na die departement van Landbou gestuur om die probleem onder hulle aandag te bring en hulle is glo in samesprekings met die departement van paaie en vervoer,’ het Heath gesê. Heath lig uit dat hulle die frustrasie verstaan en dat hulle simpatiek is teenoor die inwoners se pleidooi en stem saam dat ‘n permanente oplossing nodig is.

‘Ons sal aanhou met kommunikasie,’ het Heath gesê. Met ons ter perse gaan het Letaba Herald verneem dat die departement van paaie en vervoer ingestem om hulp te verleen om die pad op te vul.

‘Gruis sal uitgegrou moet word in nabye leë damme en die pad moet opgevul word. Maar nou hoor ons hulle het nie ‘n grondverskuiwings masjien en laaigraaf nie. Die pad moet gelyk geskraap, opgevul word en gruis gegooi word.’

Een van die inwoners het laat val: “Ons is die hoenders in oor die hoenders, en ons sal ook nie ophou bid vir reën nie. Hierdie is ‘n gemeenskaplike probleem. Ons moet hande vat en ‘n oplossing kry.’

Letaba Herald hou die situasie dop.

Related Articles

Back to top button