Massa-skoonmaak projek geloods by Tzaneendam

Die AfriForum-tak in Tzaneen het op 11 Maart, in samewerking met ander organisasies, `n massa skoonmaak projek by Tzaneendam, Jetty 3 geloods.

“Die dag was `n groot sukses en dit was lekker om te sien hoe die gemeenskap bymekaar gekom het en `n wesenlike verskil in hulle omgewing aangebring het,” sê Lizandra Viviers, sekretaresse en projek koördineerder.

AfriForum en lede van die gemeenskap het saam getrek om die Tzaneendam skoon te maak.

Die skoonmaak projek sluit onder andere in:

Visnette wat onwettig in die dam gebruik word om visse op grootskaal uit te vang en dit te verwyder.

Die projek is gedoen in samewerking met Letaba Bassmasters, wat 4 bote beskikbaar gestel het vir die projek.

Hierdie is in samewerking met natuurbewaring gedoen.

Natuurbewaring het ook help skoon maak. Van links: Jaco Rautenbach van Kingland Farming, Johannes Tonga van natuurbewaring, Pieter Venter, die voorsitter van AfriForum Tzaneen, Lizandra Viviers, ook deel van AfriForum en Suzman Makarihge van natuurbewaring.

Die vissermanne op die bote het sakke vol vullis uit die dam gehaal.

Die ontspanningsterrein, wat in `n baie vuil toestand is, is deur jeug en vrywilligers skoongemaak.

Ongelooflik baie vullis is verwyder van die dam.

Die vullis is opgeruim in samewerking met Wolkberg Akademie. 75 vullishouers is geborg deur HK Houers.

Dwelm areas in die omgewing is gefynkam deur plaaslike sekuriteit.

Die span wat Saterdag die dam skoon gemaak het.

Dit volg nadat daar visgevang word deur onwettige visvangnette te gebruik en onhigiëniese toestande onder Tzaneen se AfriForum bestuur gebring is.

“AfriForum wil dankie sê aan elke tak-lid, organisasie en vrywilliger wat gehelp het om die dag moontlik te maak. Ons sal wil bou op hierdie lootsingsprojek en dit in die toekoms nog groter en sterker uitbrei,” sê Pieter Venter, voorsitter van die AfriForum-tak in Tzaneen.

Die borge wat betrokke was en AfriForum se Tzaneen tak gehelp het om die dag moontlik te maak: Letaba Bassmaster, Wolkberg akademie, Hk Houers en Kingland Farming.

Diegene wat betrokke wil raak by AfriForum se Tzaneen-tak kan hul “naam en van” na 45340 SMS (R1).

Mense het al menigte kere gevra hoekom Tzaneen die dorp van die jaar moet wen en die is een van die groot redes daarvoor.

Tzaneen het wonderlike instansies wat nog omgee en wel ‘n verskil maak.

Heinrich Venter, `n vrywiliger help met die skoonmaak van vullis op die terrein.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version