Wintersport triomf vir Merensky

Plasieland het gegons tydens hul eerste vriendskaplike wintersportbyeenkoms op 4 Maart teen Hoërskool Ellisras.

Wat hierdie datum gedenkwaardig maak, is ‘n nuwe 16-man sweepslaantradisie wat vir die eerste keer voor aanvang van die eerste rugbyspanwedstryd plaasgevind het.

Daarna het die Plasies op die rugby-, sokker-, meisieshokkie- en netbalfront gewys wie is baas.

Ronan Theron beveilig die bal met Rain Terblanche wat ondersteun.

Die O14A-rugbyspan het die veld ge-open met ‘n pragwen van 17-7.

Die B-span verloor naelskraap, 15-19.

Mariesa Schutte in aksie.

Die O15A’s moes tevrede wees met ‘n 5-15 verloor.

In naelbytwedstryde eindig die O15B- en O16B-spanne gelykop.

Wynand Scholtz in posisie.

Merensky se senior rugbyspelers het nie teleurgestel nie.

Alhoewel die derdespan ‘n 7-22 nederlaag gely het, het die tweedespan met ‘n pragoorwinning van 33-3 van die veld gestap.

Noko Mabilo kry die bal.

Merensky se vlagskip, die eerstespan, kraai koning met 16-14 op die telbord.

Eerstespan drieë is gedruk deur JD le Grange en Dylan Herrendoerfer.

Willem-Albert Ludick met die bal.

Wynand Scholz het twee strafskoppe suksesvol afgestuur.

Die twee skole se sokkerspanne het ook op die dag kragte gemeet.

KONTAK: Danielle Kasselman maak kontak.

Die juniorspanne teken geen doele aan nie.

Plasieland se seniorspan spog breëbors met ‘n 4-0 oorwinning.

Ciné Venter gaan vir die bal.

Hoërskool Ellisras se hokkiemeisies kon nie daarin slaag om ‘n enkele punt teen Merensky aan te teken nie. Plasieland se O14A- en O15A-spanne wen 6-0.

Die O16A-span eindig gelykop, terwyl die eerstepan vir groot vreugde gesorg het na ‘n 12-0 oorwinning.

Ruben Potgieter, skrumskakel vir die O14-span.

Eerstespan doele is aangeteken deur Juanet Venter (5), Clariska Venter (2), Lilly Pohl (2), Kesia Pohl (2) en Roelien O’Neill (1).

Op die netbalbaan het sake net so voorspoedig verloop.

Elzanne Engelbrecht gaan vir die bal, terwyl Simoné van der Berg toekyk en Kesia Pohl aanmoedig.

Die O14A’s wen 18-12 en die O14B’s, 11-8.

Die O15A’s wen 13-8, terwyl die O15B’s, 12-17 verloor.

Die O16A-span wen 15-14, met die O16B’s gelykop, 7 elk.

Ruben Potgieter trek ‘n opponent plat. Jaden Rheeder volg op.

Die eerste netbalspan wen met ‘n oortuigende eindtelling van 37-23.

Merensky neem op 11 Maart, tuis deel aan vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Tom Naudé van Polokwane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version