Wat hierdie datum gedenkwaardig maak, is ‘n nuwe 16-man sweepslaantradisie wat vir die eerste keer voor aanvang van die eerste rugbyspanwedstryd plaasgevind het.
Daarna het die Plasies op die rugby-, sokker-, meisieshokkie- en netbalfront gewys wie is baas.
Die O14A-rugbyspan het die veld ge-open met ‘n pragwen van 17-7.
Die B-span verloor naelskraap, 15-19.
Die O15A’s moes tevrede wees met ‘n 5-15 verloor.
In naelbytwedstryde eindig die O15B- en O16B-spanne gelykop.
Merensky se senior rugbyspelers het nie teleurgestel nie.
Alhoewel die derdespan ‘n 7-22 nederlaag gely het, het die tweedespan met ‘n pragoorwinning van 33-3 van die veld gestap.
Merensky se vlagskip, die eerstespan, kraai koning met 16-14 op die telbord.
Eerstespan drieë is gedruk deur JD le Grange en Dylan Herrendoerfer.
Wynand Scholz het twee strafskoppe suksesvol afgestuur.
Die twee skole se sokkerspanne het ook op die dag kragte gemeet.
Die juniorspanne teken geen doele aan nie.
Plasieland se seniorspan spog breëbors met ‘n 4-0 oorwinning.
Hoërskool Ellisras se hokkiemeisies kon nie daarin slaag om ‘n enkele punt teen Merensky aan te teken nie. Plasieland se O14A- en O15A-spanne wen 6-0.
Die O16A-span eindig gelykop, terwyl die eerstepan vir groot vreugde gesorg het na ‘n 12-0 oorwinning.
Eerstespan doele is aangeteken deur Juanet Venter (5), Clariska Venter (2), Lilly Pohl (2), Kesia Pohl (2) en Roelien O’Neill (1).
Op die netbalbaan het sake net so voorspoedig verloop.
Die O14A’s wen 18-12 en die O14B’s, 11-8.
Die O15A’s wen 13-8, terwyl die O15B’s, 12-17 verloor.
Die O16A-span wen 15-14, met die O16B’s gelykop, 7 elk.
Die eerste netbalspan wen met ‘n oortuigende eindtelling van 37-23.
Merensky neem op 11 Maart, tuis deel aan vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Tom Naudé van Polokwane.