Stem nou, stem more, stem moet jy stem want Tzaneen moet wen!

Tzaneen is aangewys as semi-finalis vir Limpopo in die Kwêla Dorp Van Die Jaar kompetisie.

As jy nou nog nie weet nie, dan vertel ons jou nou…Tzaneen is so pas op die KykNet program Kwêla, aangewys as een van die drie dorpe in Limpopo as semi-finalis vir die immergewilde dorp van die jaar kompetsie.

Die ander twee dorpe teen wie Tzaneen te staan kom is, Bela-Bela (Warmbad) en Modimole (Nylstroom)

Inwoners van Tzaneen moet nou, soos nog nooit tevore nie, saam staan en stem om Tzaneen as finalis te kry voor Dinsdag 14 Maart.

Gryp jou foon nou, deel die nuus met al jou vriende en maak Tzaneen breë- bors staan.

Stemlyne is nou oop vir die eerste stemronde, tot en met 12:00 op Dinsdag, 14 Maart.

Slegs 30 sms’e per nommer teen R1,50 elk word toegelaat.

Sms eenvoudig, Tzaneen na 33157

Hoe werk die kompetisie:

Die drie dorpe met die meeste benoemings uit elke streek sal deurdring na die semi-finale ronde (op 8, 15 en 22 Maart).

Tzaneen is mos nou aangewys!!

Nou kry die publiek vir ’n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem.

Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde. STEM!! STEM!! STEM!!

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies kom verfilm.

Wanneer ál nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek op 24 Mei van 20:30 tot 12:00 op 30 Mei vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 7 Junie op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys.

Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van KykNET.

Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende KykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot partytjie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later vanjaar jaar uitgesaai word.

Waarvoor wag jy…laat die duime begin werk!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version