NewsSchools

Vossies se slimkoppe is vereer

Die Hoërskool Ben Vorster het in Februarie erkenning gegee aan die Vossies, wat akademies presteer het in die vierde kwartaal van 2016, met die uitdeel van erepennings.

Na afloop van die 1ste, 2de en 4de kwartale ontvang die top 30-akademiese leerders goue (eerste 10 leerders), silwer (posisie 11 – 20) of brons (posisie 21 -30) sertifikate.

Leerders wat 9 sertifikate verwerf het, kwalifiseer vir ‘n akademiese erepenning wat tydens die jaarlikse prysuitdeling in Februarie uitgedeel word.

Die toppresteerder in elke huistaal is ook aangewys. ‘n Formule wat die verskillende grade se volume werk en moeilikheidsgraad in ag neem om die algehele top leerder in sy/haar spesifieke huistaal te bepaal.

Jozette Oozhuizen, wat in 2016, 96% vir gr 11 Afrikaans behaal het, was die wenner van die Afrikaanse prys. In Xitsonga was Nghenabo Engetani die wenner met 93% in gr 11.

Lerato Hutamo (gr10) en Mpho Maloba (gr11) deel die toekenning vir Sepedi met 93% elk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button