NewsSchools

Larries atlete op pad na kampioenskap

Die gemeenskap se oë is op Laerskool Tzaneen se atlete volgende naweek.

Laerskool Tzaneen se atlete gaan aan 38 verskillende items volgende Saterdag, 10 Maart deelneem aan die Limpopo Atletiek Kampioenskap.

Die Larries het ten spyte van moeilike omstandighede uitstekend presteer tydens die afgelope Mopani Atletiek Kampioenskap.

Larrie atlete het 17 eersteplekke, 9 tweedeplekke en 12 derdeplekke huistoe geneem na die byeenkoms.

Laerskool Tzaneen en die gemeenskap wens die volgende atlete sterkte toe wat sake gaan uitspook op die atletiekveld:

Venaschké Visser, Sharice Smith, Megan-Lee Mans, Adelia Schonken, Shongile Makhubele, Michelle Durrheim, Lané Kasselman, Dineo Letsoalo, Elandri Janse van Rensburg, Nachandré de Lange, Elzet Toerien, Carel Volschenk, Leon de Lange, Byatso Makhubele, Eprahim Nzita, Christopher Janse van Vuuren, Carlo Moller, Theto Maake, Kebotile Maake, Hlulani Mbhalati, Xander Koster, Waldo de Kock, Paballo Legodi, Maynard Kleynhans, Kea Maake, Wessel de Kock, Letago Sekokotla, Wikus Joubert en Adriaan Nel.

 

Related Articles

Back to top button