NewsSchools

Merensky se top atlete aan die opmars

Hoërskool Merensky se topatlete het op 15 Februarie, in die opmars na die 2017 Interhoër byeenkoms op 24 Februarie, kragte gemeet by die Prestige Top 10-byeenkoms te TUKS se bekende LC de Villiers sportterrein.

Hoërskool Merensky se topatlete het op 15 Februarie, in die opmars na die 2017 Interhoër byeenkoms op 24 Februarie, kragte gemeet by die Prestige Top 10-byeenkoms te TUKS se bekende LC de Villiers sportterrein. In die meisiesspan het vlugvoetige Sancha van Niekerk puik presteer met ‘n derdeplek in die o.17 400m. Sy behaal ook ‘n sesdeplek in die 200m. Bernalee Benadé ewenaar hierdie prestasie met ‘n derdeplek in die meisies o.17 spiesgooi. Ruan van Rooyen maak die seunspan trots met sy vierdeplek in die o.14 400m. Spankaptein, Noko Malatji, behaal ‘n vyfdeplek in die o.19 110m hekkies item. Dylon Herrendoerfer hardloop die o.19 400m en behaal ‘n sesdeplek.

Merensky wil net bylas dat die bogenoemde geen geringe prestasie is nie, as mens in ag neem dat atlete van 80 skole aan hierdie byeenkoms deelgeneem het.

Plasieland hoop om met die Interhoër by Peter Mokaba Stadion in Polokwane, die 2017 atletiekseisoen op ‘n oorwinningsnoot af te sluit.

Related Articles

Back to top button