Nog ‘n plaasaanval ruk Tzaneen

Een verdagte is aangekeer nadat ‘n bejaarde man en sy vrou wreed verlede naweek in hul huis op Constantia naby Letsitele aangeval en beroof is.

Ben (73) en Martie (50) Nel is ongeveer 3-uur Dondagoggend deur vermoedelik twee gewapende rowers aangeval en wreedaardig aangerand. Volgens Marius Jacobs van Northern Security en ‘n woordvoerder van die polisie op Letsitele, AO Nkateko Hlangwani, word onder andere sake van huisroof, aanranding en roof ondersoek.

Die rowers het gevlug met die egpaar se blou Citi Golf, juwele, selfone en ander items.

Die voertuig is later in die Nyagelani-gemeenskap, langs ‘n rivier, naby Mwamitwa op die Giyanipad gevind.

Die verdagte is gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn. Daar word na minstens nog een ander verdagte gesoek.

Dit is die vierde plaasaanvaal in die Letabastreek tot dusver vanjaar en georganiseerde landbou sowel as verskeie ander instansies eis dat die polisie die boeregemeenskap behoorlike beskerming moet bied en plaasaanvallers na behore gevonnis moet word.

Exit mobile version