Vossie atletiek is kookwater

Die aflosspanne van die Hoërskool Ben Vorster het op 7 Februarie deelgeneem aan die Uitsig / Tuks aflosbyeenkoms. Dié byeenkoms het plaasgevind op Tukkies se nuwe indrukwekkende atletiekbaan.

16 skole het aan die mediumskole afdeling deelgeneem.

Die volgende Vossie aflosspanne verower medaljes: Seuns O/14 – silwer; Seuns O/15 – silwer; Seuns O/17 – goud; Meisies O/19 – silwer.

“WOW” atletiek: Die Vossie atlete het op 8 Februarie deelgeneem aan die Noordheuwel Top 15 wat op UJ-stadion in Johannesburg plaasgevind het. Vossie atlete het puik presteer tussen die groot kanonne en het 2 goue-, 5 silwer- en 3 bronsmedaljes verower. Christiaan Smit, S O/16, verbeter ook die rekord vir verspring met ‘n afstand van 6,82m.

Die skool die borge bedank vir die Top 15-hemde.

Die Vossie span het aan die medium skole afdeling deelgeneem en 8ste gekom tussen 22 skole met ‘n ABSA-punt gemiddeld van 834. Die uitslae was soos volg:

Meisies: Shammer Ngobeni (M O/14) 12de in hoogspring (1,35m) (761 ABSA-punt), 11de met verspring (4,23m) (694 ABSA punt.)

Jolandi van der Merwe (M O/15) 2de in spiesgooi (39,16m) (984 ABSA-punt), 9de met gewigstoot (10,95m) (777 ABSA-punt.)

Neo Nkwinika (M O/15) 21ste in 200m (29,85s) (565 ABSA-punt, 12de in verspring (4,25m) (663 ABSA-punt.)

Nthabiseng Ramothwala (M O/16) 10de in hoogspring (1,35m) (685 ABSA-punt.)

Nielia Blignaut (MO/17) 8ste in hoogspring (1,45m) (739 ABSA-punt.)

Lara Schutte (M O/19) 7de in 200m (27,19s) (658 ABSA-punt), 3de in 400m (59,75s) (710 ABSA-punt.)

Melissa Naudé (M O/19) 3de met driesprong (10,19m) (666 ABSA-punt), 2de in verspring (5,33m) (797 ABSA-punt.)

Shaun Mkawana (M O/19) 2de in 400m-hekkies (68,94s) (598 ABSA-punt) , 4de in 100m-hekkies (16,62s) (516 ABSA-punt.)

Seuns: Erich Ackermann (S O/14) 6de in hoogspring (1,60m) (865 ABSA-punt.)

Jappie Makhubele (S O/14) 7de in 100m (12,52s) (771 ABSA-punt), 7de in 200m (25,50s) (804 ABSA-punt.)

Renzo du Plessis (S O/15) 1ste in 300m-hekkies (41,10s) (815 ABSA-punt), 9de in 100m-hekkies (14,69s) (771 ABSA-punt.)

Alex Gird (S O/15) 8ste in hoogspring (1,60m) (784 ABSA-punt.)

James Vorster (S O/16) 3de met spiesgooi (55,34m) (849 ABSA-punt.)

Christiaan Smit (S O/16) 11de in 200m (23,45s) (880 ABSA-punt), 2de in verspring (6,82m) (968 ABSA-punt.)

Thapelo Ramoshaba (S O/17) 2de in verspring (6,89m) (903 ABSA-punt.)

Emile Kruger (S O/17) 6de in spiesgooi (56,97m) (791 ABSA-punt.)

Gustav Prinsloo (S O/19) 1ste in spiesgooi (56,77m) (777 ABSA-punt.)

Exit mobile version