MunicipalNews

Selfdoenprojekte werp vrugte af – munisipaliteit stel aksieplan bekend

Die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit het na volgehoue druk deur AfriForum se tak in Tzaneen ’n aksieplan om elektrisiteitsprobleme op te los, bekend gestel.

Dít volg nadat AfriForum maandelikse skoonmaakprojekte wat op 6 Julie verlede jaar van stapel gestuur is, onder en rondom hoogspanningselektrisiteitsdrade buite Tzaneen voltooi het.

Inwoners in die buitestedelike gebiede rondom die dorp ervaar gereeld elektrisiteitsonderbrekings en dit het AfriForum genoop om in te gryp.

“Ons het met Republic Monakedi, munisipale bestuurder van die GTM, vergader waartydens ons die kragonderbrekings bespreek het. Hy was baie dankbaar vir AfriForum se hulp en het ingestem dat daar wel iets rondom die swak infrastruktuur gedoen moet word,” sê Pieter Venter, voorsitter van die AfriForum-tak in Tzaneen.

Na aanleiding van die vergadering wat deur AfriForum en gemeenskapslede bygewoon is, is ’n volledige aksieplan bekend gestel.

Dit sluit onder meer die volgende in:

• Dat die munisipaliteit teen 31 Januarie vanjaar ’n kontrakteur sou aanstel vir die onderhoud van gras onder hoogspanningsdrade wat teen 31 Maart gesny moet wees. Daarna sal ’n plan opgetrek word om die gebied op ’n volhoubare wyse skoon te hou.

• Dat daar addisionele elektrisiteitstransformators aangekoop en geïnstalleer sal word.

• Dat fondse in 2017 se begroting vir ’n hyskraan geallokeer sal word.

• Dat infrastruktuur onderhou word.

• Dat fondse spesifiek vir die onderhoud van elektrisiteitsinfrastruktuur geallokeer word.

• Dat straatligte herstel word.

Die takbestuur sal dit hulle prioriteit maak om waghond te speel en te verseker dat die munisipaliteit by hul beloftes en voorgestelde datums bly, om sodoende die agterstallige werk in te haal, asook gereelde onderhoud te verseker.

Sluit by AfriForum aan: SMS “Tak” na 45340 (R1).

Related Articles

Back to top button