CrimeNews

Saak van ‘Poging tot moord’ teen bekende sakeman

'n Saak van 'poging tot moord' is aanhangig gemaak teen 'n bekende sakeman van Modjadjiskloof.

Volgens inligting is ‘n saak aanhangig gemaak teen die sakeman, wat glo na bewering ‘n ‘betreder’ geskiet het.

Die ‘betreder’ was glo besig om hout op te tel.

Die sakeman het glo aangevoer dat die man onwettig op sy plaas is, en hom blykbaar geskiet.

Die gedeelte waar die man die hout opgetel het is glo munisipale grond.

Die gewonde man is in die Kgapane Hospitaal opgeneem. Hy is glo R100 000 aangebied om te ‘vergoed’ vir die ‘misverstand’.

Letaba Herald verneem dat die ‘vergoeding’ van die hand gewys is.

‘n Bron het aan die Herald gese dat ‘n prominete EFF wyksraadslid van dié dorp en ook ‘n parlementslid, op vervolging aandring.

Letaba Herald is in besit van die saaknommer.

‘Ek glo dit sal poging tot moord wees. Daar is ook op die wapen beslag gele,’ is aan die Herald vertel.

Die sakeman was ook in 2010 in die nuus toe hy betrek was by ‘n grondtransaksie in Modjajdiskloof.

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button