So lees een van die boodskappe vanoggend op sosiale media, terwyl goeie reën steeds uitsak in en om Tzaneen.
En dit was dan ook natuurlik die plek om te wees vanoggend.
Op sosiale media.
Dit is nou te sê as jy nie sommer al vroeg gaan staan en dans het in die reën, of onder ‘n sambreel, of dalk sonder een net langs die naaste droë dam gaan sit het en kyk hoe die watervlakke styg nie.
Opgewondenheid, dankbaar en vreugde oor die reën het sosiale media reeds van gister oorheers.
Sommige inwoners het laat blyk dat hulle reënmeters moes uitgooi na die goeie reënval wat deur die nag uitgesak het, en in sommige gebiede is daar tot 150mm gemeet.
Reënvoorspellings dui daarop dat dit vir die res van die dag heerlik gaan reën, sowel as in die week wat voorlê.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook ‘n waarskuwing uitgereik vir hewige reën wat kan ly tot fratsvloede in sommige gebiede vir die Tzaneen omgewing vir vandag.
Die Blyderivierdam in Hoedspruit het vanoggend sy walle oorgestoot.
Tom van der Meulen van Hoedspruit het gister aan ons susterskoerant, Die Laevelder gesê dat die dam se watervlak op 77% staan. Dit was teen 12:00.
‘n Rukkie later het Van der Meulen op Facebook gepos dat die dam 95% vol was.
Vanoggend was die wal ‘n welkome gesig en ‘n sluier van water en oorgestoot..
In die Kruger Wildtuin reën dit glo net so lekker.
Bella Kok van Zyl het die volgende gepos op Reenval in SA :
Volledige reën neerslae vir die Tzaneen omgewing en die stand van damme sal in die week se uitgawe van Letaba Herald gepubliseer word.
Lees ook: