TZANEEN: Inwoners juig oor welkome reën

2017 skop nat af en inwoners van Tzaneen en die omliggende omgewing juig na gisteraand se goeie reënval.

Persone op sosiale media het van vroeg af gejubel en uitbasuin hoeveel dit  gedurende die nag gereën het.

Volgens verskeie inwoners het die Tzaneen omgewing ongeveer 40 tot 65 mm reën ontvang en tussen Magoebaskloof en Haenertsburg tussen 80 tot 110 mm.

In die Lushoff omgewing is 46 tot 55 mm reën gemeet terwyl Deerpark ongeveer 55 mm ontvang het.

39mm reën is in die Mooketsi omgewing gemeet en in Lapaside 39mm.

Op Hamawasha het daar glo ‘n stewige 100mm reën geval.

Die Hans Merenskydam loop oor en die Tzaneendam, wat lank dors gelê het se vlak begin stadig maar seker weer bietjie lig.

Deurdringende reën sal egter nodig wees om ‘n beduidende verskil te maak.

Inwoners word steeds gemaan om spaarsamig met water te wees.

Volgens die woordvoerder van Waterwese, Sputnik Ratau, sal daar eers volgende week ‘n verslag uitgereik word oor die stand van Limpopo se damvlakke.

Lees ook:

Die GROOT reën komglona more

KNP verander in sopnat paradys

GALLERY: KNP kry welkome water | Letaba Herald

Throwback Thursday: Floods in KNP and heavy rain in Tzaneen …

Exit mobile version