Tzaneen: ‘Ons is almal gatvol…”

Groot dele van Tzaneen sit sedert Kersdag met min of geen elektrisiteit nie. Gemoedere loop hoog en inwoners is meer as net gefrustreerd.

Letaba Herald word oorval met oproepe.

Inwoners kry nie antwoorde oor die stand van elektrisiteit wat sedert Kersdag af is in groot dele van Tzaneen nie.

Die Herald verneem dat die Politsi, Georges Valley, Magoebaskloof, Lushof en Mieliekloof omgewings, ‘80% van die tyd sonder krag sit.’

‘Ons krag op Politsi is meer af as aan. Ek kan nie agter die kap van die byl kom nie. Vermoed die lyne word nie instand gehou nie. Magtig ons is raadop, moedeloos, gatvol. Hele Kersnaweek sonder krag gesit en alweer. As die weer net opsteek is dit af. Flippen hel. Geoeg is genoeg. Ons is 80% van die tyd sonder krag. Almal is gatvol..,’ het ‘n inwoner van die Politsi omgewing aan die Herald gesê.

‘n Inwoner van die Broederstroomdrift omgewing is ook moedeloos.

‘Van laasweek Vrydag middag af, ons bel, het al die kragstasie in die ou industriële area gaan besoek om self dit te rapporteer en hulle bly vir ons jok. Ek het R3 000 se vleis in my vrieskas wat moet hou tot einde Januarie…elke keer as ons bel dan sê hulle ons krag is nie gerapporteer nie, ons weet nie meer wat om te doen nie.’ vertel sy.

Sy voeg by dat hulle (die kragstasie) glo die ‘glibberige’ pad as verskoning gebruik.

‘Ek ry ‘n Datsun bakkie op die pad, elke dag op en af maar hulle kan nie met hulle bakkies by ons uitkom nie? Hoe is dit moontlik?.’

Deerpark inwoners is ook warm onder die kraag.

Van die kommentaar op ‘n WatsApp groep lees:

‘Daar word op die stadium niks aan ons probleem gedoen nie. Transformer gebrand. Probeer als in sy vermoeë om die ouens in die hande te kry om uit te vind wat aan gaan. Het in my teenwoordigheid paar keer topbestuur probeer bel maar geen antwoord nie. Sal jul op hoogte hou…’

‘ Greystones, Mieliekloof, Broederstroom het ons al oor en oor geraporteer, hulle sê daar is nie genoeg  mense nie en ‘n transformer het gebrand…’

‘Agnes was hier, klaarblyklik transformer by Manorvlei sub-stasie(naby Doornhoek) wat buite werking is. Tegnikuste glo aan die werk daar…’

‘Sam Lelope’s office number is (015) 307 8162, but I have NEVER found him available in his office – always ‘on course’ or ‘in meeting’.’

‘Daar is glo geen transformers in munisipale stoor oor nie so ek weet nie waar hulle nou skielik gaan leen om sulke probleme aan te spreek nie. Ek het met kragstasie gepraat vanoggend en hulle sal blykbaar iemand uitstuur…’

Volgens Pieter Human is daar gedeeltes wat tot drie dae sonder krag sit.

‘Ons het verskillende groepe gestig sodat almal nie gelyk kontak maak nie. Help ook nie, hulle tel dood eenvoudig nie die telefoon op nie. Ons het radios ook nou met hul gekoppel maar antwoord dit nie. Daar lê n krag draad en brand by ons maak kort kort plofslae dan sien jy vlamme en rook. Persoonlik gerapporteer, telefonies gerapporteer. Ek het gehoor hoe hulle instruksie gee. Ek wonder as iemand daar aan raak en hy brand dood of hulle aanspreeklikheid sal aanvaar. Die krag is lewendig.’ vertel Human.

Die oop kragdraad in die Deerpark omgewing. Foto verskaf.

Letaba Herald het sedert Vrydagoggend, Neville Ndlala media woordvoerder van die munisipailiteit genader vir kommentaar, maar nog geen reaksie of terugvoering ontvang nie.

Intussen sit inwoners sonder krag.

Moedeloos, raadop, woedend en ‘Gatvol!’

Hulle soek antwoorde en krag.

Nou!

Lees ook:

TZANEEN: Lights out on Christmas day

 

 

 

 

 

 

Exit mobile version