TZANEEN: Mangoboere raak moedeloos

Boere in en om die Tzaneen omgewing is moedeloos na 'n verdagte vasgekeer is met gesteelde mangos vroeër die maand.

‘n Ander verdagte, wat na bewering ‘n wit colt bakkie bestuur het, het gevlug.

Een boer, Pieter Human, vertel dat kriminele die laaste drie weke baie bedrywig is op die plase.

Ongeag van ekstra sekuriteit, is daar twee weke gelede ‘n hele blok mangos gesteel op Human se plaas.

Meeste mangos is nog groen en dit word spekuleer dat kriminele dit aan Atchar besighede verkoop.

Human doen ‘n beroep op die eienaars van die Atchar besighede om bewyse aan te vra voor hulle mangos aankoop.

“Hulle steel ons bankrot,” sê Human mismoedig.

Die polisie is genader vir kommentaar en die verdagtes is nie meer in aanhouding nie.

Lees ook:

Boeredag in Tzaneen ‘n groot sukses

Exit mobile version