Na ‘n droë en hartseer gesig in die wildtuin het reën uitgesak in dele van Kruger Nasionale Park en omliggende omgewing.
Letaba Herald het verneem dat die Letaba Rivier kant aan wal vloei in die wildtuin.
Kant aan wal. Foto verskaf
‘Die Giyani omgewing het ongeveer 85mm reën gekry. Die Giyani rivier loop in die Letaba Rivier in. Jy moet die hippo’s sien…hulle swem skoon van vreugde,’ het ‘n toeris aan Letaba Herald vertel.
‘Dit is water van buite area’s af waar lekker reën uitgesak het, en daardie riviere vloei nou in die Letaba in,’ het sy verheug vertel.
Lees ook:
Elke ‘Deadline’ wag vir dié ‘Magic-water’ in SA
Die GROOT reën kom ‘glo’ na more…