Local newsNews

TZANEEN: Donderstorms voorspel vir die naweek, maar…

Weervoorspellings dui daarop dat Tzaneen en omgewing donderbuie en reën die naweek kan verwag.

Volgens verskeie weervoorspellings dui alles daarop dat dit die naweek in Tzaneen en omgewing lekker gaan reën wat gepaard sal gaan met donderbuie.

‘n Wolkbreek het Polokwane Woensdagmiddag omklant gevang en strate was omskep in riviere, berig ReviewOnLine.

Lees: [PHOTOS/VIDEO] Hail, heavy rain in the parts of Polokwane

AccuWeather se webtuiste voorspel 40% verspreide donderstorms wat gepaard sal gaan met reënbuie vir Tzaneen Vrydag. Die maksimum tempratuur sal 39 grade wees volgens die webtuiste.

Saterdag sal dit effens koeler wees met ‘n maksimum van  30 grade en ‘n 60% kans op reën en ‘n 60% kans op donderbuie.

Sondag sal ons gemaklik die dag kan deurbring met 24 grade wat voorspel word met ‘n 40% kans op donderstorms.

Letaba Herald het by Pieter Vortser, voorsitter van Agri Letaba kers gaan opsteek.

‘Alles dui op goeie reën, maar elke dag nader word dit minder en skuif verder aan- volgens die daaglikse voorspellings. Ek dink daar is min landbouers wat nie nou daagliks ‘n paar keer daarna (weervoorspellings) kyk nie,’ vertel Vorster.

Luidens Vorster word daar, volgens ‘die slim mense,’  bo normale reën vanaf middel Desember tot Maart voorspel.

’70 jaar se statistieke wys ons is by ‘n draaipunt,  nat se kant toe.  As landbouers moet ons dit onwrikbaar glo. Ons voortbestaan hang daarvan af. Die afgelope paar buie het ons omgewing omgedraai na ‘n groen prentjie wat baie mooi lyk en gehelp het, maar as ons damme nie binnekort water kry nie, gaan die mooi net van korte duur wees. Die meerderheid van ons plaasdamme is so te sê leeg,’ vertel Vorster.

Die weer is nie in ons hande nie. En voorspellings bly net dit. Voorspellings.

‘Jy is reg, dis nie in ons hande nie. Maar ons glo en kyk elke dag na die voorspellings en bly positief,’ se Pieter.

Lees ook:

 

Related Articles

Back to top button