Mooi loop oom Peet!

Na 37 jaar op Plasieland het Peet Vorster die tuig neergelê.

Hy het in Mei 1979 by Hoërskool Merensky aangesluit as ‘n tegniese onderwyser.

Vorster het diep spore getrap in sport, maar dis veral in rugbykringe waar hy onthou sal word.

Hy was vir jare die eerstespan-afrigter en die hoogtepunt van sy onderwysloopbaan was die span van 1989 wat naaswenners in die Administrateursbeker was.

Hy het sy liefde vir sport later jare uitgeleef as erkende kommentator by verskeie sportgeleenthede op Plasieland.

Die laaste aantal jare het hy die amp van Dissiplinêre Bestuurder beklee.

Tydens saalopening op 18 Julie is daar van hom afskeid geneem.

Die hoogtepunte van sy onderwysloopbaan is met‘n multimedia-vertoning gedenk.

Dankbare Plasies het spesiaal vir hom die skoollied uit volle bors gesing en staande hulde aan hom gebring.

Plasieland wens mnr. Vorster seën toe met sy aftrede.

Exit mobile version