Local newsNews

Groot omset tydens aanteelveiling buite Tzaneen

Die jaarlikse aanteelveiling van Vleissentraal op Rubbervale het voorverlede Donderdag weer kopers en verkopers van oor 'n wye gebied getrek en 'n omset van bykans R3,2miljoen opgelewer.

Bokke beeste, skape, zebras en selfs ‘n bakkie het onder die hamer gekom en die groot getal kopers het winskope opgeraap, maar ook heelwat gehalte vee teen goeie pryse gekoop.

Verse onder 250kg het gemiddeld R21,93 per kg gegaan met R22,68 die hoogste.

Ligte tollies het gemiddeld R21,80 behaal met die hoogste R24,22.

Bulle is verkoop vir gemiddeld R11 070 stuk en die hoogste vir R15 000.

Ossies het ‘n gemiddeld van R19,20 behaal terwyl die hoogste R21,67 getrek het. Verse het ‘n totale gemiddelde prys van R8 356 behaal en die hoogste is vir R10 000 stuk verhandel. Die skape is gemiddeld vir ‘n raps onder R1 200 verkoop terwyl die hoogste R1 400 gehaal het. Bokke het goeie pryse bereik met ‘n gemiddeld van R1 442 en die hoogste R2 800.

Vyf zebras is per katalogus vir R4 500 elk verkoop. Willem Coetzee, plaaslike verteenwoordiger van Vleissentraal, het al die kopers en verkopers bedank vir hulle bydrae om die aanteelveiling weer een van die grootste en gewildste in die omgewing te maak. Hy het ook die borge bedank wat bygedra het tot die sukses van die dag.

Related Articles

Back to top button