CrimeNews

Harmonie en omgewing word geteister

Gewapende rowers het verlede week die Harmonie Blok en die Ofcolaco area glo geteister.

Twee mans het Donderdag by die Harmonie winkel aangekom en drie werkers wat op die stoep gesit het geroof van geld en selfone.

Volgens die eienaar van die winkel, Elsabé de Bruyn, het een van die verdagtes ongeduldig geraak en in die muur in geskiet om die mense te dreig.

Hulle het probeer om in die winkel in te kom maar dit was gesluit.

‘n Verdagte het in die winkel in geskiet en ‘n yskas raak geskiet voor altwee mans te voet gevlug het.

Voor hulle by die winkel was het hulle glo ook by ‘n kompon mense gepla.

Die polisie is ontbied en ‘n soektog vir die verdagtes het begin, gemeenskapslede het ook help soek.

Die verdagtes het verskeie plase se drade geknip gedurende hulle vlug, volgens William Smit.

Na agt kilometer het hulle spoorloos verdwyn.

‘n Plaaslike boer het ‘n drone in die lug ingestuur om te kyk of hulle nie opgespoor kan word nie, maar hulle kon niks sien nie.

Later die Donderdagaand is daar ingebreek op ‘n plaas in dieselfde area.

Beeldmateriaal wys twee gewapende mans, moontlik dieselfde twee wat by die winkel probeer inbreek het.

Die verdagtes was in die huis en ‘n wit Ford Ranger bakkie met die registrasie nommer HTF 017 MP, is gesteel.

Luitenant Kolonel Moashe Ngoepe het ‘n saak van diefstal by die Gravelotte polisie stasie bevestig.

Related Articles

Back to top button