Tzaneen se swembad dalk nou binnekort oop?

Tzaneen se multi miljoenrand opknappingswerk aan die publieke swembad het met talle krake-en leë-stories en beloftes gepaard gegaan.

Maar die dorp se oase is nou weer vol water en dit blyk asof swem uiteindelik in die vooruitsig is vir die drop se inwoners.

Letaba Herald se webtuiste het Maandag berig dat die swembad skynbaar ongesiens en stil-stil weer vol water getap is.

Na opknappingswerk en ‘n ‘amptelike opening in 2015 het die swembad Letaba Herald se oog gevang in September vanjaar en die ‘pronkstuk’ met ongeveer 2,500, 000 liter water was leeg.

(Dit is by berekening hoeveel liter water ‘n standaard olimpiese spele swembad bevat.)

Dit het toe aan die lig gekom het dat die herstelde swembad glo weer ‘n ‘kraak’ in gehad het wat weer herstel moes word, na die oorspronklike herstel werk.

Die swembad saga was metertyd soos die episodes van ‘n sepie, en die vooruitsig vir ‘n gelukkige einde was net nie daar nie.

Die wag vir opgeleide lewensredders is telkens as verskoning gebruik.

Uit die bloute was die swembad leeg…en tergende vra rondom die oponthoud en ontwykende antwoorde het swem geesdriftiges met droeë handoeke laat sit en wag.

Neville Ndlala, media woordvoerder van die munisipailiet het Maandag aan die Herald gesê dat hulle in ‘n bestuursvergadering was om weer die kwessie van lewensredders te bespreek. Hy het ook toe bevestig dat water oor die naweek weer in getap is en dat die ‘kraak’ herstel is.
‘Die swembad is weer vol water en ons gaan die situasie moinitor. Ons gaan ‘n pos adverteer vir ‘n lewensredder vir sewe dae aangesien dit slegs ‘n tydelikke pos sal wees.’ luidens Ndlala.
(Dié advertensie is in die week se uitgawe gepubliseer.)

Hy voer aan dat die swembad finaal sy hekke vir die publiek sal oopmaak nadat ‘n lewensredder aangestel is en as daar vassgetel is dat die ‘kraak’ 100% geseël is.

Die hoop kan weer uitgespreek word dat daar hierdie keer geen krake in die munisipaliteit se belofte is nie.

Want Tzaneen wil nou swem!

Vra wat egter steeds onbeantwoord bly is: Waarheen en hoe die water die eerste keer uitgetap is en hoe is dit aangewend? In die droogte toestand waarin die land verkeer, sal die antwoord moontlik berusting bring dat die water nie bloot net vermors is nie.

Waar kom die water vandaan wat nou weer in die swembad ingetap is, aangesien daar noodkrete is om water spaarsamig te gebruik (Beurtwater word van volgende week af toegepas, lees: WATER SHEDDING: A reality as from next week in Tzaneen) en hoe moeilik kon dit wees om lewensredders te kry en op te lei?

Almal verstaan van “Patch en Solution.”

Maar hier is miljoene rande van belastingbetalers bestee aan ‘n projek vir die hele gemeenskap, en nie bloot net ‘n pap binneband van ‘n fiets nie.

Enige kommentaar?

Sms na 083 407 8887 of epos bertus@herald.co.za

Lees ook:

Tzaneen Swembad Saga: Eers oop…nou dolleeg!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version