LEVUBU: Drie vas na moord op bekende boer

Drie verdagtes is aangekeer na die koelbloedige moord op Hennie Bonnema (60) .

Hennie Bonnema, ‘n bekende avokado boer is Dinsdagaand 18 Oktober vermoor na ‘n plaasaanval op Levubu.

NUUSFLITS: Bekende avo boer vermoor

‘Drie verdagtes is in hegtenis geneem en van die gesteelde items wat gebuit was tydens die roof is terug gevind,’ luidens Lt Kol Moatshe Ngoepe.

Na bewering het Bonnema (60) vir familie gaan kuier en met sy terugkeer is hy aangeval.

‘Hy is aangeval met skerp voorwerpe deur en sy bebloede liggaam is later gevind. Die verdagtes het ook sy selfoon en kar sleutels gebuit,’ sê Ngoepe.

Die drie verdagtes sal Maandag in die Vuwani hof verskyn.

Die ondersoek duur egter voort.

SAP verslag: Drie verdagtes vas na moord op Levubu boer by Letaba Herald

Exit mobile version