CrimeNews

TZANEEN: Gewapende roof by Sunbake

'n Gewapende roof het hom glo afgespeel by Subake.

Die roof is aan Letaba Herald deur Marius Jacobs van Northern Sekuriteit bevestig.

Inligting rondom die roof is nog vaag.

Op die Facebook-groep, Tzaneen/Duiwelskoof Snuffelgids is skote gehoor tot in die omgewing van Pompagalana.

En van die inskrywings lees: “Dit was by Sunbake. Het daar gestop oppad van die werk af. Het eers gedink dit is ‘n ongeluk toe klim Northern Sekuriteit uit met wapens.’

Die inskrywing lees verder dat die persoon so gou moontlik van die toneel probeer wegkom het.

Die verdagtes het glo die veld daar naby ingevlug, volgens die blad se kommentaar en oog getuies.

Meer inligting sal gepubliseer word soos dit bekend raak.

Die gewapende roof kom nadat daar ook vanoggend in dieselfde omgewing in Sapekoelaan ‘n gewapende roof plaasgevind het.

Lees:

TZANEEN: Drie van agt rowers vasgetrek na rooftog

Related Articles

Back to top button