TZANEEN: Drie van agt rowers vasgetrek na rooftog

Drie rowers is vasgetrek na 'n gewapende roof vanoggend.

Volgens inligting het agt rowers vanoggend ‘n voertuig in Sapekoelaan probeer beroof om omstreeks 05:40.

Die voertuig, behoort glo aan ‘n atjar fabriek in Nkowankowa.

Daar word vermoed dat die rowers onder die indruk was dat die voertuig, ‘n Hyundai,  wat hulle probeer beroof het kontant vervoer het.

Dit was glo nie die geval nie.

Die rowers het daarna met ‘n Corsa bakkie en ‘n Audi gevlug.

Marius Jacobs van Northern Sekuriteit het bevestig dat drie van die rowers vasgetrek is.

Die bakkie is in die Hamawasha omgewing gevind.

SAP lede besig om vingerafdrukke te neem. Foto: Bertus de Bruyn

‘n Groot polisie teenwoordigheid sowel as Sekuriteits maatskappye was op die toneel.

Vyf van die verdagtes is steeds op vrye voet en die soektog duur voort.

Die verdagtes dra glo blou oorpakke.

Die gemeenskap word versoek om op die uit kyk te wees.

Die verdagtes is gewapen en moet nie gekonfronteer word nie.

Skakel Marius Jacobs op : 079 898 4539 indien enigiemand inligting het of vermoed.

Exit mobile version