‘Ek het ongeveer 23:00 wakker geskrik, toe is dit spierwit soos die hael neerslaan. Die hael was so groot soos albasters,’ het ‘n inwoner vertel.
Inwoners en besighede moes vanoggend bontstaan en moes alternatiewe roetes gebruik nadat die hael wat Phalaborwa laasnag getref het groot skade aangerig het.
Inwoners het vanoggend verslaan voor hul huise en besighede gestaan.
Phalaborwa was vir ‘n geruime tyd sonder krag en dele van die dorp is nog kragloos.
Fratsvloede het ook wonings in Molengraaf-en-Combretumstrate oorstroom.
Akanini Kinderhuis is ook onder water.
Sterk winde het bome ontwortel in Hardekool, Salati, Alwyn en Essenhout-strate.
Ruite is deur die hael gebreek, skadu nette is afgeruk, baksteenmure en heinings het ook meegegee.
Phalaborwa Herald dra nie kennis van enige beserings wat moontlik opgedoen is deur die haelstorm nie.
Opruimings werk het reeds begin.
Meer in die week se uitgawe van Phalaborwa Herald
Lees ook: