Local newsNews

PHALABORWA: Chaos na frats haelstorm

'n Haelstorm het Phalaborwa Maandagnag geslaan en groot skade aangerig.

‘Ek het ongeveer 23:00 wakker geskrik, toe is dit spierwit soos die hael neerslaan. Die hael was so groot soos albasters,’ het ‘n inwoner vertel.

Inwoners en besighede moes vanoggend bontstaan en moes alternatiewe roetes gebruik nadat die hael wat Phalaborwa laasnag getref het groot skade aangerig het.

Foto: Betsie du Preez
Foto: Betsie du Preez

 

Inwoners het vanoggend verslaan voor hul huise en besighede gestaan.

Phalaborwa was vir ‘n geruime tyd sonder krag en dele van die dorp is nog kragloos.

Fratsvloede het ook wonings in Molengraaf-en-Combretumstrate oorstroom.

Foto: Betsie du Preez
Foto: Betsie du Preez

Akanini Kinderhuis is ook onder water.

Sterk winde het bome ontwortel in Hardekool, Salati, Alwyn en Essenhout-strate.

Ruite is deur die hael gebreek, skadu nette is afgeruk, baksteenmure en heinings het ook meegegee.

Foto: Betsie du Preez
Foto: Betsie du Preez

Phalaborwa Herald dra nie kennis van enige beserings wat moontlik opgedoen is  deur die haelstorm nie.

Opruimings werk het reeds begin.

Foto: Betsie du Preez
Foto: Betsie du Preez

Meer in die week se uitgawe van Phalaborwa Herald

Lees ook: 

TZANEEN: Storm los sy spoor

Related Articles

Back to top button