NewsSchool sportSchoolsSport

Vossies wen Top 10 swemgala

Die Hoërskole se Top 10 swemgala is op 14 Oktober, te Lyndon Ferns swemsentrum, Hoërskool Pietersburg aangebied.

Die top swemskole in die provinsie het deelgeneem. Die Vossie swemspan het die 2016, Top 10 swemgala gewen en is wenners vir 2009, 2010, 2011, 2014 en 2015.Die swemmers het puik presteer en verower 27 goue-, 14 silwer-, 6 bronsmedaljes en die volgende trofees:Junior Victrix Lodorum – Zanel SteenkampSeunswenners: Hoërskool Ben Vorster 312,5 punte, Hoërskool Ben Viljoen 290 punte, Hoërskool Piet Potgieter 279 punte.Meisieswenners: Hoërskool Ben Vorster 363 punte, Hoërskool Ben Viljoen 282,5 punte, Standford Lake College 244 punte.Algehele wenners: Hoërskool Ben Vorster 675,5 punte, Hoërskool Ben Viljoen 572,5 punte, Hoërskool Piet Potgieter 514,5 punte.Die Vossies wil van die geleentheid gebruik maak om die afrigters, Johan Grobbelaar van SHAMU, Hein Toerien en Liezl Toerien van TASK te bedank vir ongelooflike harde werk met die swemmers asook die borge en ouers wat dit moontlik maak om die span as die beste swemskool in die provinsie te maak. ‘n Spesiale dank aan ons organiseerder, J. Pohl, vir sy ondersteuning en aanmoediging.

Related Articles

Back to top button