Nog twee ongelukke in Tzaneen

Twee ongelukke in Tzaneen het nooddienswerkers Saterdag besig gehou.

Volgens inligting het een van die ongelukke plaasgevind op die R36 naby Hoërskool Merensky nadat die bestuurder glo beheer oor die motor verloor het.

Die motor lê op sy dak na die ongeluk. Die bestuurder het glo na bewering beheer oor die motor verloor. Foto: Verskaf

In ‘n ander ongeluk, op die Deerparkpad het ‘n motor na bewering in die verkeerde baan teen ‘n wit Fiesta gebots.

Die ongeluk het om omstreeks 17:00 Saterdagmiddag plaasgevind.

Foto verskaf.

Die motoriste van beide ongelukke is glo in die hospitaal opgeneem.

Foto verskaf.

Na wat verneem word is hulle alreeds ontslaan.

Lees:

Woman killed in accident close to Merensky High school

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version