OPVOLG: Brand woed voort – hulp ingeroep

Die plantasie wat brand in die Deerpark omgewing is nog nie onder beheer nie.

Die massiewe brand wat het gister middag in die omgewing van Deerpark uitgebreek het woed voort.

LFPA (Letaba Fire Protection Association) se helikopters het vanoggend om omstreeks 06.00 voorgegaan met brandbestryding by ‘Triangle’ in die Deerpark omgewing.

Letaba Herald het toe berig dat die brand onder beheer was, maar die wind het nie saamgespeel nie en dit het weer opgevlam.

Dit het volgens die LPFA  se Facebookblad buite beheer geraak.

Letaba Herald was daar en die brand  woed steeds voort.

Brandbestryders van regoor die distrik se hulp is ingeroep.

Tzaneen/Duiwelskloof Snuffelgids het op Facebook die volgende versoek gerig:

Deerpark is on fire and houses are in danger. Awaiting to declare this fire a DISASTER by Disaster Center!
We are desperately looking for people to assist in drinking water / energade / fruit to give to the fire fighters.
Please, lets help them, to help us to fight this fire!!
Call Maritza 082 304 9162 if you are able to assist.

Video:

Video:

Video:

Exit mobile version