Local newsNews

Ligloop ‘n sukses

Die SAVF se LIGLOOP op 25 September was 'n wonderlike geseende sukses.

Die 60 Ligdraers het almal stiptelik om 07:00 aangemeld waar Charmaine Fourie die spesiale dag ge-open met ‘n boodskap.

Die Ligdraers het daarna in groepe van 20 stappers die roete begin verken, met die plaaslike Tzaneen Trailrunners as gidse en ondersteuningsbeamptes.

Daar het ‘n ligte misreen geval en die stappers het weggeraak in die mis tussen die bome.

Charmaine Fourie en Lee-Anne Gouws het die Ligdraers ingewag by die “Chapel” waterval waar hulle vir elkeen ‘n kers met nog boodskap uitgedeel het.

Daar was 3 waterpunte waar die Ligdraers beloon is met water en energiedrankies, lemoene, piesangs, sjokolades en lekkergoed.

As beloning vir die 9km staptog het daar ‘n pragtige piekniek vir elkeen gewag by die eindpunt waar almal rustig kon ontspan en saamkuier.

Die SAVF Tzaneen is ongelooflik trots op elke dame wat kom saamstap het, vir hulle teenwoordigheid en bereidwilligheid om hulle met die SAVF en die werk wat ons doen en die mense wat ons help te assosieer.

Hierdie is ‘n projek wat ‘n jaarlikse instelling sal word en die SAVF sal meer inligting hieroor op ‘n latere stadium verskaf.

Verder is die SAVF Tzaneen tak ongelooflik dankbaar vir al die harde werk en beplanning wat deur die vrywilligers van die tak gedoen is om die dag ‘n sukses te maak.

En dan natuurlik ook vir elke Besigheid en Inidvidue wat ‘n bydra gemaak het as borg of donateur!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button