Varkgriep steek kop uit in Phalaborwa

Gerugte doen die rondte dat die gevreesde pandemiese H1N1- virus, beter bekend as varkgriep, steeds kop uitsteek in Phalaborwa.

Alhoewel die griepseisoen einde se kant toe staan, is dit lank nog nie verby nie.

Gerugte het verlede week die rondte begin doen dat die gevreesde pandemiese H1N1- virus, beter bekend as varkgriep, steeds kop uitsteek in Phalaborwa.

Die Herald is bewus van verskeie varkgriepvoorvalle wat onlangs in die Phalaborwa omgewing voorgekom het.

Maar al dié pasiënte wil anoniem bly.

Ds Sampie Cronjé van die AGS Kerk Phalaborwa, het selfs verlede week tydens ‘n kerkdiens vir ‘n paar van sy gemeentelede, wat met die virus besmet is, om genesing gebid.

Twee onderwysers van Hoërskool Frans du Toit is ‘n tydjie gelede met varkgriep gediagnoseer.

Die Herald verneem dat hulle egter beide ten volle herstel het.

‘n Boekhouer van ‘n apteek in Phalaborwa, het aan die Herald vertel dat sy al vir meer as ‘n maand lank siek is met varkgriepsimptome.

“Ek is vir varkgriep behandel en was nog nooit in my lewe so siek gewees nie,” het sy gesê.

Sy wil nie haar naam maak nie om die naam van die apteek waar sy werk, te beskerm.

Ook die eienaar van die apteek onder bespreking se vrou is onlangs met varkgriep gediagnoseer.

‘n Baie betroubare bron van ‘n labratorium in Phalaborwa, het bevestig dat daar oor die afgelope paar jaar verskeie voorvalle van varkgriep in die omgewing voorgekom het en dat gevalle jaarliks aansienlik toeneem.

Sy het die koerant na ‘n kliniese viroloog van Lancet Laboratories, Allison Glass verwys wat die nuuste varkgriepstatistieke van 2016 in Phalaborwa aan die pers bekend gemaak het.

In ‘n neutedop, lui dié statistieke, dat varkgriep veral vanaf Maart tot Augustus met ongeveer 15% in Phalaborwa toegeneem het.

Meeste voorvalle kom oor die algemeen gedurende die winterseisoen voor.

Lees ook:

Breaking news: Swine flu confirmed in Tzaneen

UPDATE: Swine flu under control in Tzaneen

More than 1, 000 swine flu deaths so far this year: Brazil

Exit mobile version