Local newsNews

Veteraan motors vat die pad na Hoedspruit

Die Yestercar Klub het op 17 September 'n uitstappie na Hoedspruit gehad met hul motors.

Agt veteraan motors was deel van die uitstappie en Jens de Bruyn het met sy moderne motor gery vir bystand, sou iets verkeerd loop.

Alles het egter baie glad en sonder enige probleme verloop, dus is lede baie trots op hulle ou motors.

Boonop het die weer saam gespeel, want dit was toe nie so vreeslik warm nie. Die ou motors het nie lugreëling in nie.

Lede het by die Infosentrum vergader en van daar af vetrrek.

In Hoedspruit het hulle eers by Bill en Kamilla Nortier (ook ‘n lid) gestop om na sy versameling motors te kyk en is daarna bederf met heerlike koffie en muffens.

Daarna is hulle na 24 South Degree wat op die R531 pad is. Hier op die Sywurmplaas stal ‘n Fransman sy versameling veteraan motors uit. Sommiges is oorspronklik en ander is replika’s.

Na ‘n heerlike middagete in Anne se restaurant het hulle weer in die pad geval na ‘n dag “in die verlede.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button