PHALABORWA: Kleuterskool ‘tug’ glo krenkend – VIDEO en FOTOS

Die Better Babies-kleuterskool in Phalaborwa se personeel word daarvan beskuldig dat hulle 'onopgevoed' is en dat hulle die kleuters op 'vernederende' wyses tug.

Kindertjies word glo forseer om stoele vir ‘n geruime tydperk bo hulle koppe te hou, totdat hulle, na bewering ineen stort en dié wat huil, word soos babas, doeke gegee om voor hulle maatjies aan te trek… Jy is mos te groot om te huil, word aangevoer.

Die kindertjies se ouderdomme wissel tussen een en ses jaar.

Die skool het onder die soeklig gekom nadat die Phalaborwa Herald skokkende videomateriaal en foto’s vanaf ‘n onstelde, maar dapper onderwyseres van die skool, via ‘n bron ontvang.

Die onderwyser kon ongelukkig teen druktyd steeds nie vir kommentaar bereik word nie.

Video:

Die eienaar van die kleuterskool, het uitgevind dat die koerant ‘n ‘negatiewe’ berig oor haar skool wil plaas en ons gesmeek om die saak te laat vaar en dat hulle onderwysers “nog in ‘n leerproses is”.

Intussen is dit al die skool se 13de bestaansjaar!

Sy het erken dat van haar personeel onkundig is in die opleidingsgebied maar dat sy haar, “bes probeer om hulle te leer om op die regte manier met kinders te werk.”

is dit hoe jy ‘n kleuter straf en was dit slegs ‘n eenmalige geval soos die skoolhoof aanvoer? Foto gemanupileer om die identiteit van die kind te beskerm.

Jenkins het na al die aantygings die koerant uitgenooi om skoolfunksies te dek. “Ons wil ‘n verhouding met julle as ‘n koerant bou… nie breek nie.”

Sy het selfs ingestem om die koerant vir ‘n uitstappie deur die skoolterrein te neem.

Op die aantygings wat teen die skool gemaak is, het Jenkins aangevoer dat, “net een kind vir vyf minute met ‘n stoel bo sy kop gestaan het om getug te word, en dat dit “‘n eenmalige voorval was”.

“Toe ek daarvan uitvind, was ek só ontsteld dat ek al my personeellede saamgeroep en hulle aangevat het.”

“Die onderwys stelsel verander op ‘n gereelde basis,” volgens die eienaar. “Onderwyseresse bedank tussen so een tot twee jaar nadat hulle by ons gewerk het. Ek moet elke keer elke onderwyser van vooraf leer hoe om kinders te hanteer.”

Oor die doeke wat gedra moet word met die doel om die kindertjies te verneder, het sy gesê: “Een van die onderwyseresse het ‘n voorstel gemaak om kinders te tug deur vir hulle babadoeke aan te trek as hulle huil.”

Sy het egter belowe dat die voorstel nooit geïmplimenteer is nie.

Foto gemanupileer om die kind se identiteit te beskerm.

‘n Onderhoof van Phalaborwa, wat anoniem wil bly om die identiteit van sy skool te beskerm, was erg ontsteld toe hy die videomateriaal en foto’s onder oog gehad het.

Hy ken die skool se personeel persoonlik goed en het hy die koerant genader om te kom gal braak.

Hy is van mening dat meeste van die personeel uit huisgesinne kom waar onkunde heers, en weet hulle nie hoe om met kinders te werk nie.

‘n Sosiale werker en baie betroubare bron, wat bereid was om met die koerant te gesels en ook anoniem wil bly totdat die lang arm van die gereg intree, het gesê dat hulle persoonlik die skool op ‘n gereelde basis besoek en geen ongeruimthede opgemerk het nie. Maar volgens haar word die saak nie ligtelik opgeneem nie… veral as daar kindertjies betrokke is.

“Ons kan ongelukig eers intree sodra een van die ouers of ‘n personeellid na vore tree en ‘n kriminele saak by die polisiestasie aanhangig gaan maak.”

‘Dit was net een kind…’ voer die skoolhoof aan. Die foto blyk ‘n ander prentjie te skets.

Mishandeling kom volgens haar in twee vorms voor: Fisies en emosioneel… met emosionele afknouery wat baie moeilik is om te bewys.

*Met die koerant se aankoms was die perseel skoon, het die kindertjies op die skoolterrein gespeel en was die onderwyseresse met tee.

*Die Phalaborwa Herald het nie foto’s van die perseel geneem nie omdat daar minderjarige kindertjies betrokke is.

*Caryle KIippen, een van die skool se onderwyseresse is glo een van die grootste sondebokke. Die koerant het ‘n bandopname in ons besit waar sy op leerlinge skree. Maar volgens Jenkins, het Klippen net ‘n baie harde stem.

*Met ons ter perse gaan is nie een van die kinders se ouers bewus van enige ongeruimthede by die kleuterskool nie.

*Skakel Yolandi van den Berg op 072 206 9144 indien jy oor moontlike inligting, en/of aantygings rakende die saak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version