NewsSchools

GALLERY: Merensky dag-nag gholf ‘n wenner

Hoërskool Merensky het op Vrydag, 5 Augustus hul jaarlikse, gewilde Merensky Gholfdag by Tzaneen Country Club aangebied.

‘n Opwindende dag-nag kompetisie het inskrywings van oraloor gelok.

Die gholfers het twee-uur die middag afgeslaan vir die eerste, 9-putjie ronde.

Almal het gehoop op ‘n “hole-in-one” op die sesde gaatjie, waar ‘n gelukkige speler met ‘n R100 000-prys kon wegstap.

Na ‘n verdiende ruskans, met geurige disse, het die spelers in die donker die volgende 9 putjies voltooi.

Met slegs die gebruik van ‘n LED-verligte gholfbal, moes dapper deelnemers die effens-uitkenbare setperke vind. Suksesvolle (en onsuksesvolle) houe het vir groot vermaak gesorg.

By die prysuitdeling is Conrad Kruger Prokureurs aangewys as die 4-balwenners van die dag.

In die tweedeplek was die span van ZZ2. Du Paints, Lombards en RCE Juniors was onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

In ‘n gelukkige trekking het Willie Mc Callaghan ‘n prys losgeslaan.

Martin van Niekerk het ‘n troosprys ontvang, aangesien sy bal met die eerste ou naaste aan die sesde putjie gelê het.

As deel van die nagspel het Conrad Kruger ‘n prys ontvang vir ‘n eerste hou wat naaste aan ‘n gaatjie gelê het.

Hoërskool Merensky bedank graag Tzaneen Sporthuis, Corné Haarsalon, Amble Inn, Caffé Villa, The Village Kitchen, Misty River Driving Range en Jagdrift Slaghuis vir hul ondersteuening as borge.

Related Articles

 
Back to top button