VIDEO: Word Letsitele nou ‘n veekraal?

Beeste wei nog steeds vrylik rond in Letsitele en dit blyk asof owerhede niks wil of kan doen omtrent die situasie nie.

Letaba Herald het in die uitgawe van 9 September berig oor  Letsitele inwoners wat keelvol is vir ‘n beesboer se diere, wat amper elke dag die dorp se strate invaar.

Ellie Potgieter, hoofinspekteur van die Letaba DBV, het die Herald toe meegedeel dat die beeste al ‘n geruime tyd ‘n probleem was.

Volgens Neville Ndlala, woordvoerder van die Groter Tzaneen munisipaliteit, was hulle nie bewus van die probleem nie, maar daar sou aandag aan die probleem gegee word.

Is daar aandag aan die probleem gegee?

Epos gerus jou griewe na: bertus@herald.co.za

Die video wat Donderdag in Letsitele geneem is:

Exit mobile version