Vals gerugte saai onnodig paniek

'n Pos inskrywing op sosiale media het Tzaneen se gemeenskap Saterdagaand op hol gehad nadat daar beweer is dat grootskaalse geweld en ontwrigting naby die skougronde plaasgevind het.

Dit is intussen van alle waarheid ontbloot.

Die inskrywing het gelui: “Nou net verby skou gery hulle het op ons kar geskiet n ou langs ons dood geskiet by die roobot darm niemand van ons beseer nie dis n malhuis onder by star spares le mense dood in die pad vermy Dai roete asbt.’ (Sic)

Luidens Marius Jacobs van Northern Sekuriteit was die nie waar nie.

Hy het onmiddelik gaan ondersoek instel en kort daarna aan Letaba Herald gesê dat die polisie wel skote geskiet het. Niemand is beseer nie.

“Die mense wat by Star Spares gelê het, het daar gelê sodat die polisie hulle kon deursoek.”

Hy het bygevoeg dat alles reeds rustig was by die skougronde en Glybaan 3.

“Namens my en Northern Security se bestuur wil ons dankie en geluk sê aan die SAP en Letaba Security vir die puik werk wat gedoen is. Die SAPS was hoogs sigbaar en saam het hulle die skou baie goed hanteer,” het Jacobs gesê.

Letaba Herald verneem dat die persoon wat die vals gerug versprei het aangespreek is oor die valse inligting.

‘Vind eers uit voor jy mense bang maak,’ het Jacobs gesê.

Exit mobile version