CrimeNews

Skaapramme ter waarde van duisende rande gesteel

'n Inwoner van die Mieliekloof area, Erika Human, het verlede week skade ter waarde van duisende rande gely toe 40 van haar skape gesteel is.

Daar is verlede Maandagnag 20 skaapramme gesteel en Donderdagnag weer 20. Skade wat sowat R60 000 tot R80 000 beloop.

Die polisie is na die eerste voorval ontbied, maar het lank gesloer om daar uit te kom, volgens Pieter Human, (Erika se man,) glo weens ‘n tekort aan voertuie.

Die ramme was volgens, Pieter, gereed om Vrydag na ‘n plaaslike slagpale toe te gaan en hy moes Vrydagoggend vroeg die transaksie kanselleer.Diewe het in beide gevalle die heining om die skaapkamp geknip, die skape uitgesleep en aangejaag na die grootpad, waar dit op ‘n voertuig gelaai is.

‘n Saak van diefstal is geopen.

Related Articles

Back to top button