Local newsNews

AfriForum gaan voort met skoonmaakprojek onder oorhoofse kragdrade

AfriForum Tzaneen gaan oorhoofse kragdrade in buitestedelike probleemareas skoonmaak.

Buitestedelike gebiede rondom Tzaneen ondervind op ‘n gereelde basis kragonderbrekings.

Die plaaslike AfriForum-tak het om die rede besluit om in te gryp.

’n Projek op 5 Julie vanjaar van stapel gestuur wat die skoonmaak van gebiede wat onder oorhoofse kragdrade geleë is, behels.

Die tak het besluit om die projek verder uit te brei en maandeliks ’n probleemarea te identifiseer.

Gebiede wat onder oorhoofse kragdrade geleë is, sal skoongemaak word in samewerking met kontrakteurs.

Die doel van dié langtermynprojek is om die probleem onder die munisipaliteit se aandag te bring, die landbougemeenskap van hulp te wees en bewusmaking te kweek.

Die tak doen ‘n beroep op die publiek om inligting aan die tak te verskaf indien hulle deur kragonderbrekings geraak word of van gebiede weet waar oorhoofse kragdrade toegegroei is. Skakel Lizandra Viviers by 071 649 7130.

Related Articles

Back to top button