Vossies en Plasies deur na Beeld kwarteindstryd

Twee skitterende rugby oorwinnings deur beide Ben Vorster en Merensky die afgelope naweek beteken dat ons twee spog skole oor twee weke in die Beeld trofee kwarteindstryde van hul onderskeie ligas betrokke sal wees.

Ben Vorster het die hoog aangeskrewe Transvalia van Vanderbijlpark met 27-20 verslaan terwyl Merensky Erasmus Hoër van Bronkhorstspruit naelskraap met 15-13 verslaan het.

Hoërskool Merensky se o.14- en 1e-rugbyspanne het tydens die mediumskole Beeld-kompetisie uitspele op Plasieland hul opponente laat les opsê die afgelope naweek.

Die o.14-seuns het teen Die Wilgers van Pretoria te staan gekom.

Hulle het dié wedstryd gemaklik met ‘n telling van 41-7 gewen.

Die span kom op 13 Augustus in die Beeld kwartfinaal teen Hoërskool Hartbeespoort te staan. Merensky se eerstespan het na ‘n taai wedstryd teen Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit geseëvier met ‘n 15-13 oorwinning. Merensky se Noko Malatji het twee drieë gedruk, terwyl Wynand Scholtz die een drie verdoel het en in die eerste helfde die balmet ‘n strafskop oor die pale gestuur het.

Merensky se eerstespan sal teen Hoërskool Vryburg kragte meet om te bepaal wie deurgaan na die Beeld half-finaal. Hoërskool Ben Vorster spog op sy beurt ook met drie van hulle rugbyspanne wat deurdring na die kwarteindstryd. Die Vossies se eerste- O/16 en O/14 rugbyspanne het die afgelope naweek hulle uitspeelwedstryde vir die Beeld trofee vir groot skole gewen.

Die 1ste-span het in ‘n yskoue Vanderbijlpark teen Transvalia te staan gekom. Die Vossies het met rukke en stote gespeel maar dit was genoeg om met 27 – 20 te wen.

Hulle drieë is gedruk deur Pule Molokomme, Stefan Engelbrecht, JJ Anker en Danny Mokhoabane. Die O/16-span het teen Dr Malan in Meyerton gespeel.

Die seuns het mooi rugby in die eerste helfte gespeel en was halftyd 13 – 0 voor.

In die tweede helfte het geen span punte aangeteken nie en die wedstryd was gekenmerk deur menigte van die bal af insidente. Die Vossies wen 13 – 0. Die O/14-span het op hul tuisveld teen Midstream College te staan gekom.

Met kaptein Renzo du Plessis aan die spits het die Vossies draaie om hul opponentegehardloop om gemaklik 48 – 12 te wen. Al drie die spanne het die langnaweek ‘n los lootjie waarna hulle in die kwarteindstryd van die Beeldtrofee gaan speel.

Die 1ste- en O/16-spanne gaan na Ermelo optrek waar albei teen HTS Ligbron te staan gaan kom, terwyl die O/14’s Potchefstroom toe gaan om teen Potchefstroom Gimnasium kragte te meet. Beide skole se rugby spanne word sterkte toegewens.

 

 

Die Vossies se Eerste span is deur na die kwarteindstryd van die Beeld trofee.
Exit mobile version