Plasies by Wow- spelfees 2016

Sewe flinkdinkers van Hoërskool Merensky het op Vrydag, 22 Julie deelgeneem aan die jaarlikse Wow-spelfees te Hoërskool Piet Potgieter in Mookgopong.

Die spelfees word georganiseer deur die Universiteit van Stellenbosch en die leerlinge moes eenduisend woorde se spelling memoriseer.

Die graad 8’s is verteenwoordig deur Zonika van Niekerk, Crystal Kirstein en Rohan du Plessis, en die graad 9’s deur Janco Blignaut, Lize Mostert, Lin-Mari Theron en Maruschke Knox.

Dit was die vyfde jaar dat die kompetisie plaasgevind het. Verlede jaar was daar vier skole wat deelgeneem het, en hierdie jaar veertien – dit toon ‘n duidelike groei in leerderbelangstelling in Afrikaans.

Deelnemers moes eers ‘n skriftelike speltoets aflê, waarna hul ‘n senutergende mondeling moes aandurf.

Merensky is trots op hierdie sewe Plasies en vertrou om volgende jaar weer hulle stem dik te maak.

Exit mobile version