NewsSchools

Vossies bied krieket-toernooi aan

Die Hoërskool Ben Vorster het 'n baie geslaagde en suksesvolle krieket-toernooi vanaf 4 tot 8 Julie aangebied.

Die volgende 14 skole se O/15- en O/19-spanne het aan die toernooi deelgeneem: Hoërskool Monument, Potchefstroom Volkskool, Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Wonderboom, Benoni High School, Dinamika en Penryn College.

Binne die eerste 4 dae is 50 boulbeurt-wedstryde beslis en hier volgens is die laaste dag se Pro20-wedstryde bepaal.

Die Sports Quizz wat op Maandag, 4 Julie, aangebied is, het vir baie pret en stywe mededinging gesorg.

Die Hoërskool Ben Vorster se Eerste span het die sport vasvrae gewen en daarmee gewys dat hul nie net ‘n gedugte teenstander op die veld is nie, maar ook langs die veld.

Tydens ‘n formele prysuitdeling, wat op 7 Julie, plaasgevind het, is die beste O/15- en O/19-spelers beloon vir hul uitstaande prestasies.

Oud-Protea krieketspeler en huidige krieket kommentator op Supersport, Paul Harris, het die spelers en gaste ‘n blik gegee oor hoe sy loopbaan verloop het en hoe die Proteas te werk gaan om een van die beste spanne in die wêreld te wees.

Hy het die spelers ook aangemoedig om tot hul volle potensiaal te ontwikkel, maar om terselfdertyd te doen wat hulle geniet en om pret te hê.

Harris het ook die pryse aan die volgende spelers oorhandig: Beste O/15-bouler: Johan van Staden – Hoërskool Dinamika, Beste O/15-kolwer: Bradford Hees – Hoërskool Monument, Beste O/15-speler van die week: Bradford Hees – Hoërskool Monument, wat 306 lopies teen ‘n gemiddeld van 102 lopies aangeteken het. Hy het ook 2 honderdtalle, asook’n vyftigtal, aangeteken.

Beste O/19-bouler: Ryno Niemand – Hoërskool Dinamika, Beste O/19-kolwer: Jason Weiss – Hoërskool Wonderboom, Beste O/19-speler van die week: Philip Bester – Hoërskool Ben Vorster, wat 12 paaltjies geneem het asook 114 lopies vir die week aangeteken het.

Hoërskool Ben Vorster het 3 van hul 5 wedstryde gewen. Die uitslae was soos volg:

Hul verloor die volgende wedstryde teen Wonderboom met 7 lopies en teen Dinamika met 3 paaltjies. Hulle wen PotchVolkskool met 10 paaltjies,Hoërskool Monument met 64 lopies en Benoni High School met 49 lopies.

Die seuns sien met groot verwagting uit na die komende skoleliga wat op 13 Augustus begin.

Die Hoërskool Ben Vorster bedank graag die volgende borge en persone vir hul getroue ondersteuning: XCO Sport, Coca-Cola Tzaneen, HK-Houers, WD Saailinge, Sublime Décor Hire, Chris Cardosa, Fanie Oberholzer, Suzette de la Rey en alle ouers wat betrokke was.

Related Articles

Back to top button