Local newsNews

Jy, jou hond en ‘n leiband kan ‘n verskil maak

Gaan more op 'n drafstap saam woef & kie en dra so by tot die Imke fonds. Moet nie laat slaap nie, want daar wag 'n lekker geskenk pak...mits jy vroeg opdaag!

Tzaneen Dierekliniek hou ‘n fonsinsameling ten bate van Imke Geldenhuys.

Dit sal dié Saterdag by Fairview Hotel plaasvind en skop af om 08:00. Daar sal ‘n 2,5 of 5km stap of draf wees wat jy saam jou viervoetige vriend kan aanpak.

Neem kennis dat alle honde aan ‘n leiband moet wees.

Registrasie gelde beloop R50 p/p en R20 per troeteldier. Kinders o/12 is gratis.

Die eerste 100 gesinne wat registreer, met hulle troeteldier kry elk ‘n stewige geskenpak ter waarde van meer as R400.

Fantastiese pryse is op die spel en baie vermaak word aangebied.

Indien jy nie wil stap of draf nie kan jy gerus gaan inskryf en kyk hoe die ander rond hol.

Daar gaan genoeg eet- en drinkgoed wees om die winterkoue te verdryf.

Vir meer inligting skakel, Esmé van der Westhuizen op: 084 029 0818.

Lees ook:

 

Related Articles

Back to top button