Letsitele kort hulp

'n Inwoner van Letsitele (sy identiteit is aan die Herald bekend) is raadop met die gebrek aan stormwater dreine sowel die haglike toestand van die dorp se paaie.

Volgens dié bron het hy hom al verlede jaar op die GTM beroep om te gaan help, maar tot op hede het hy weinig sukses gehad.

Die Herald is in besit van ‘n afdruk van ‘n e-pos wat Maria Nkuna van die GTM reeds op 8 September verlede jaar aan die relevante departemente gestuur het.

Die Herald se bron is by hierdie e-pos ingesluit.

Volgens die e-pos versoek Nkuna dat die onderskeie departemente dadelik aan die saak aandag gee.

Volgens haar e-pos het hierdie opdrag van die Munisipale Bestuurder gekom.

Sy maak dit ook duidelik dat die ongelukkige inwoner gedreig het dat die DA sowel as plaaslike media betrek sou word, as daar dadels van sy pogings tot hulp kom.

Neville Ndlala, woordvoerder van die GTM, het aan die Herald gesê dat hul kennis neem van hierdie kwessies en hy het beloof om taakspanne dadelik uit te stuur om werk daarvan te maak.

Intussen het die Herald het verlede Vrydag in Letsitele gaan rondloop en ‘n paar foto’s geneem.

Exit mobile version