Gemengde welslae vir Vossies tydens Clash

Die jaarlikse FNB Classic Clashes tussen die Hoërskool Ben Vorster en Pietersburg Hoërskool het weer die afgelope naweek te Polokwane plaasgevind.

Die Vossies het koning gekraai met die netbal en seuns hokkie liga wedstryde teen PHS, maar die rugby het gemengde resultate behaal.

Die Vossies het vyf van die nege netbal wedstryde gewen waarvan vier A-span wedstryde was.

Die netbal uitslae was soos volg: O/14A wen 18-17; O/14B wen 20-13; O/15A wen 32-18; O/15B verloor 10-25; O/16A wen 24-15; O/16B verloor 2-19; O/17A wen 18-14; O/17B verloor 7-26; 1ste span verloor 19-36.

Die eerste- en O/14A-seuns hokkie spanne het hulle wedstryde oortuigend gewen met tellings van 2-1 en 1-0.

Die o/16A-seuns hokkiepsan verloor 0-1 en die 2de-span speel gelykop 1-1.

Die wedstryd teen PHS was die seuns hokkie se laaste liga wedstryde van die seisoen.

Die O/14 seuns hokkie span is die Limpopo wenners vir 2016 en dring deur na die Noordvaal uitspele wat op 28 tot 30 Julie te Waterkloof plaasvind.

Hierdie span was onoorwonne gedurende die 2016 seisoen.

Twee van die Vossies se vier A-rugby spanne, het oorwinnings behaal, maar van die B-spanne het slegs die O/16B-span hul wedstryd gewen met ‘n telling van 53-0.

Die Vossies se O/14 A-rugby span het die dag op ‘n hoë noot begin toe hulle die span van PHS met 40 – 7 geklop het.

Die flank en kaptein, Renzo du Plessis, het die oog gevang met sy drie drieë en is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

Die O/15A-rugbyspan het swaar gekry en hulle het hulle wedstryd 7 – 37 verloor.

Die O/16A-rugbyspan het gewys waarom hulle die jaar nog onoorwonne is deur hulle wedstryd 36 – 0 te wen.

Agste man Thapelo Ramoshaba is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

Die eerste span rugbyspan se wedstryd was‘n naelbyt-affêre met die Vossies wat meer drieë as PHS gedruk het, maar die skopper van PHS het sy skoene aan gehad en waar die Vossies skoppe pale toe gemis het, het hy die telling vir PHS met foutlose skopwerk aan die rol gehou.

PHS se eerstes het die wedstryd met 40 – 29 gewen.

Die komende naweek kom die Hoërskool Ben Vorster te staan teen HTS Tom Naude.

Die wedstryde word in Tzaneen gespeel.

Exit mobile version