Johan is Limpopo krieket speler van die jaar

Johan Harms van die Hoërskool Ben Vorster is onlangs deur die Limpopo Impala Krieket unie vereer vir sy uitsonderlike krieket prestasies van die afgelope krieket seisoen.

Hy is tydens die unie se jaarlikse gala dinee en prys uitdeling gehou in die Peter Mokaba stadion op 22 April aangewys as die unie se 2015 O/13-Speler van die jaar.

Northern Titans se assistent afrigter, Mandla Mashimbyi het die toekenning aan hom oorhandig.

Harms het in 2015, tydens die nasionale O/13 krieketweek in Johannesburg, die meeste lopies van al die provinsies se O/13 kolwers aangeteken.

Hy het ‘n total van 344 lopies in die vyf wedstryde aangeteken met ‘n gemiddeld van 86 lopies per beurt. Dit sluit twee vyftig talle asook ‘n onoorwonne 119 lopies in.

Harms het ook in 2015 die meeste lopies van alle Limpopo spelers, ongeag hulle ouderdomsgroep, aangeteken.

Exit mobile version