NewsSchools

Hoërskool Merensky dra boogskietkroon

Vir die tweede maal binne drie jaar word Hoërskool Merensky gekroon as die beste boogskietskool in Suid-Afrika. Op 30 Mei en 1 April het die Merensky boogskietklub hul toewyding bewys deur deel te neem aan die Nasionale Binnenshuise Kampioenskappe in Pretoria.

Tydens hierdie byeenkoms het meer as 200 skuts van regoor die land hul onderskeie klubs verteenwoordig.

Die drie spanlede, Carissa Ivy, Beneché Jackson en Janco Theron het te midde van groot druk sekuur gekorrel en trots met die titel weggestap.

Lin-Marie Theron het ook tydens hierdie geleentheid haar nasionale kleure in “Field Archery” verwerf.

Plasieland hou duimvas dat sy in die Protea-span opgeneem gaan word, waar sy Suid Afrika in die wêreldkompetisie in Italië sal verteenwoordig.

“Mnr. Boogskiet”, Ockert le Roux, is vereer met ‘n trofee vir leierskap en die bevordering van boogskiet in skole.

‘n Handvol medaljes is ook deur die skuts verower, naamlik goud vir Carissa Ivy, Beneché Jackson en Janco Theron.

Lin-Marie Theron, Owen Otto en Rikus Warmenhoven (oud-Plasie) verower silwermedaljes en Matthew Lund ‘n bronsmedalje. Plasieland salueer hierdie skuts se toewyding.

Related Articles

Back to top button