Volgens inligting het die trok se remme gefaal, teen ‘n bakkie gebots, teen ‘n wal tot stilstand gekom en aan die brand geslaan.
Luidens noodpersoneel het die trok verf vervoer.
Ooggetuies het op sosiale media fotos wyd begin versprei en motoriste sodoende gewaarsku dat verkeersvloei op die pad ontwrig is.
Daar was geen ernstige beserings nie.
Die pad is wel oop maar motoriste word gemaan om versigtig te wees.